Europese Somertoer 2025

28 Junie – 14 Julie 2025

R59 950

VOLBESPREEK - PLAAS NAAM OP WAGLYS!

Tydens ons 17 dag toer besoek ons Frankryk, België, Nederland, Duitsland, Switzerland, Italië en Oostenryk.

Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: R59 950

Finansiering: ‘n deposito van R6 000 per persoon is betaalbaar met bespreking 

  • Sakgeld is nie by die toerprys ingesluit nie.
  • Die koste van paspoorte, visums en reisversekering is nie ingesluit nie. Elke persoon is verantwoordelik om self paspoorte te bekom. Hulp sal verleen word met die verkryging van visums, maar elkeen moet self die koste dra.
  • Addisionele uitstappies en fooitjies is nie ingesluit nie. 
  • Doen gerus navraag vir enkelkamertoeslag en kostes verbonde.
  • Enkelkamertoeslag beloop R8 304

DAG 1

Vertrek vanaf Johannesburg Internasionale Lughawe na Parys. Aandete aan boord. Meld reeds 3 ure voor vertrek aan en ontmoet u toerleier in die Internasionale vertreksaal.

DAG 2

Arriveer in Parys in die oggend. Vertrek na aankoms na die stad en verken Parys se pragtige besienswaardighede vanaf ‘n boot op die Seinrivier. Na aandete vertrek ons op ‘n stadstoer ‘Paris by night’.

DAG 3

Vandag is daar geleentheid om Parys te verken en inkopies te doen. Bring besoeke aan die Notre Dame, Arc de Triomf ens. Besoek na aandete die Mont Marte, die Eiffel-toring, en nog meer.

DAG 4

Reis na ontbyt vanaf Parys na Brugge in België vir een nag se verblyf. 

DAG 5

Vertrek vroeg na Amsterdam deur België en die mooi Hollandse platteland vir 2 nagte se verblyf in De Rijp naby Amsterdam. Ry eerste na die wonderlike Amsterdam met al sy kanale en brûe om die stad te verken deur ‘n kanaalvaart te doen. Na die kanaalvaart is daar vrye tyd om hierdie stad te verken met al sy interessante besienswaardighede. Keer laatmiddag terug na die hotel in De Rijp.

DAG 6

Na ontbyt vertrek ons na Volendam. Ons besoek oppad ‘n “Kaasplaas” en ‘n fotosessie in ‘n gebied met sy tradisionele windmeulens. Reis deur die mooi platteland met sy unieke klein dorpies en “Polders” na Zaanse Schans. Na ‘n besoek aan Amsterdam keer ons laatmiddag terug ons hotel, De Rijpereilande om die aand rustig deur te bring.

DAG 7

Na ontbyt vertrek ons verder via Keulen vir een nag se verblyf in Rudesheim langs die Rhein.

DAG 8

Na ontbyt vertrek ons vanaf Rudesheim via die Swartwoud na Löffingen vir een nag se veblyf. Ons reis neem ons deur een van die mooiste streke van Duitsland. Ons bring ook ʼn besoek aan Heidelberg vir middagete en ‘n kort besigtiging. Reis verder deur die “Swartwoudgebied” na Triberg die tuiste van die koekoekhorlosies voordat ons na Löffingen vertrek.

DAG 9

Vertrek na ontbyt na Switserland vir twee nagte se verblyf in die Jungfrau-vallei. Reis deur die Duitse platteland en kruis die Switserse grens by Schaffhaussen na ons bestemming in ‘n pragtige Switserse dorpie vir twee nagte se verblyf. Vandag is daar ook geleentheid om by Engelberg met die kabelspoorrit Mount Titlis te besoek. (opsioneel). Reis dan deur die asemrowende Alpe na ons hotel langs die meer.

DAG 10

Vandag is n rustige dag waar ons die omgewing gaan verken. Besoek die Jungfrau-vallei en die Trummelbach waterval (koste Euro 15). Daar is volop ander uitstappies wat die dag ingesluit is. Hierdie besienswaardighede moet u nie misloop nie. Besoek ‘n pragtige dorpie tussen die Alpe. Bring ‘n kort besoek aan Luzern met die pragtige “Alte Brücke” langs die Vierwaldstättermeer en winkeltjies wat veral bekend is vir die Switserse messe en horlosies. Keer terug na ons hotel.

DAG 11

Vertrek na ontbyt na Meolo naby Venesië vir twee nagte se verblyf. Kruis die noordelike Alpe-reeks met sy sneeubedekte pieke en mooi bergpasse en reis deur die Italiaanse platteland na ons bestemming naby die seefront van Venesië. Aand vry vir eie vermaak.

DAG 12

Vertrek na ontbyt op ‘n avontuurlike daguitstappie per boot na die pragtige Venesië met sy waterstrate en gondolas. Bring ʼn besoek aan ʼn glasfabriek. ‘n Heerlike dag vir inkopies, pasta en pizza-geregte. Nadat ons terugkeer uit Venesië gaan ons na die atmosferiese dorpie Lido de Jesolo langs die kus vir inkopies, ‘n swem in die Adriatiese see en aandete. Keer laataand terug na ons hotel in Meolo.

DAG 13

Vertrek na ontbyt deur die platteland van Italië na Hinterthal naby Salzburg in Oostenryk vir twee nagte se verblyf in hierdie skilderagtige en bekende Oostenrykse ski-oord, in die Saalfelden-vallei. Ons kruis die Noordelike Alpe-reeks oor die asemrowende GROSSGLOGKNER BERGPAS met sy sneeubedekte pieke. As ons gelukkig is speel ons in die sneeu voor ons by ons hotel arriveer.

DAG 14

Reis na ontbyt na Salzburg vir ‘n heerlike besoek aan hierdie kultuur stad met al sy pragtige besienswaardighede. Ons reis terug deur die natuurskone Oostenryk om die beeldskone omgewing rondom ons hotel te verken. Daar is dalk tyd om op een van die nabygeleë kabelspore op te gaan.

DAG 15

Vertrek na ontbyt na Hohenschwangau langs die Oostenrykse grens vir een nag se verblyf. Reis langs die Duitse “Romantiese roete” Bring ook ‘n besoek aan die dorpie Hohenschwangau waar ons die “Neuschwanstein-kasteel” (bekend as die fairytale Castle) kan besoek (opsioneel) of foto’s neem. Die aand vry.

DAG 16

Ons laaste vol dag in Europa. Vertrek na ontbyt na Oberammergau en die Wieskirche vir ‘n kort besoek asook die “Kasteel Linderhof” (een van Ludwig II se drie kastele as nalatenskap). Reis verder na Munich vir ‘n stadsbesoek voordat ons na die lughawe vertrek vir ʼn aansluitingsvlug na Johannesburg.

DAG 17

Ons arriveer die middag op die Johannesburgse Internasionale Lughawe.

DIE EINDE VAN ‘N BESIGE MAAR ONVERGEETLIKE ERVARING!