Skandinawië Toer
- Noorweë, Denemarke, Duitsland, Tsjeggiese Rep, Poland en Oostenryk
- Toer oorsig
Ons besoek Noorweë, Denemarke, Duitsland, Tsjeggiese Rep, Poland en Oostenryk tydens ‘n 17 dag oorsee toer!
- Kostes verbonde
Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: R66 950
Finansiering: ‘n deposito van R6000 is betaalbaar met bespreking
- Sakgeld is nie by die toerprys ingesluit nie.
- Die koste van paspoorte, visums en reisversekering is nie ingesluit nie. Elke persoon is verantwoordelik om self paspoorte te bekom. Hulp sal verleen word met die verkryging van visums, maar elkeen moet self die koste dra.
- Addisionele uitstappies en fooitjies is nie ingesluit nie.
- Enkelkamertoeslag beloop R12 341
- Ingesluit in die toerprys
- Retoer vliegkaartjie MET lughawe belasting is ingesluit (meeste rederye vra tans meer as R7 500)
- Alle landvervoer is ingesluit
- 17 dae/16 nagte in drie ster toeristeklas hotelle met privaat badkamers
- Ontbyt elke dag, meeste aandetes
- Stadstoer van Oslo deur plaaslike gids
- Treinrit van Flam na Myrdal
- Oornagboot (Ferry) na Kopenhagen
- Stadstoer & Kanaalvaart in Kopenhagen
- Ferry na Duitsland
- Stadstoer van Krakow deur plaaslike gids
- Auschwitz konsentrasiekamp onder leiding van ‘n plaaslike gids
- Reisprogram
DAG 1
DAG 2
DAG 3
DAG 4
Na ontbyt vertrek ons na Bergen. Reis deur ‘n pragtige streek van Noorweë op pad na Bergen, waarskynlik die mooiste stad in Noorweë. Ons ry langs die pragtige Hardangerfjord via Brimnes en Bruravik. Doen ‘n stadstoer deur Bergen, wat ook “Daughter of the Sea” genoem word. Besoek die romantiese ou dorp Bryggen sowel as die interessante en moderne nuwe dorp. Hierna geleentheid vir inkopies of uitstappies soos ‘n besoek aan die vismark of ‘n rit berg op met die rattrein vir ‘n prentjiemooi uitsig oor hierdie pragtige stad. Ry terug na Eidfjord.
DAG 5
Na ontbyt vertrek ons deur die Noorse platteland via Stryn na Gudvangen. In Gudvangen neem ons ‘n veerboot na Flam en vaar oor die bekende Sogne-fjord – wat die koning van die fjords genoem word. Vanaf Flam neem ons ‘n asemrowende treinrit na Myrdal. Die roete klim 863m oor 20km, iets besonders en die ervaring van ‘n leeftyd!
Reis verder vanaf Flam, met ‘n pragtige roete deur die nou valleie wat oorskadu word deur majestueuse berge en borrelende watervalle en die binnelandse mere, na Gol aan die oostekant van die Sogne-fjord, vir een nag se verblyf. Oornag in Gol.
DAG 6
Vanoggend na ontbyt reis deur die noordelike mere-distrik van Noorweë terug na Oslo. Arriveer rondom middagete met ‘n kort middaggeleentheid en vrye tyd vir inkopies, voordat ons laatmiddag met Overnight Ferry (Ferry) na Kopenhagen vertrek vir een nag se verblyf in die Deense hoofstad. Dit is ‘n belewenis om op die dek te staan wanneer ons vertrek en dan ‘n belewenis om die luukse boot van hoek tot kant te verken. Later geniet ons ‘n smaaklike aandete in een van die luukse restaurante aan boord.
DAG 7
DAG 8
Vandag na ontbyt vertrek ons na Berlyn. Reis eers deur die Deense platteland na Gedser aan die kus van die Noordsee waar ons per “ferry” na Rostock in Duitsland vaar. Vandaar reis ons na die hartjie van Berlyn vir twee nagte se verblyf.
DAG 9
Vandag is ‘n voldag besoek aan Berlyn en omgewing. Besoek die Brandenburg-plein, die historiese hek “Checkpoint Charlie”, die Berlynse katedraal, die Reichstag, Kurfurstendamm en Potzdammer Platz. Na middagete en inkopies in die groot KaDeWe-afdelingswinkel vertrek ons op ‘n opwindende uitstappie na Potsdam met ‘n besoek aan die “Sanssouci-park en -tuine” buite Berlyn. Saans is daar ook tyd om die stad te voet te verken.
DAG 10
Vertrek na ontbyt oor die oostelike grens van Duitsland na Praag, die hoofstad van die Tsjeggiese Republiek vir twee nagte se verblyf. Op pad besoek ons die spesiale middeleeuse stad DRESDEN vir ‘n staptoer deur hierdie pragtige ou stad. Reis deur die Duitse platteland voordat ons laatmiddag by ons hotel in Praag uitkom. Die aand vry vir eie vermaak.
DAG 11
Na ontbyt doen ons ‘n uitgebreide stadstoer deur Praag en gee die geleentheid vir inkopies in hierdie pragtige stad met sy klassieke geboue. In die laatmiddag is daar ‘n geleentheid om ‘n bootvaart op die Moldau-rivier te neem. (Opsioneel).
DAG 12
DAG 13
Na ontbyt vertrek ons vir twee nagte se verblyf in Krakow in Pole. Die reis neem ons via Oswiecim vir ‘n volledige besoek aan die Auschwitz-konsentrasiekamp onder leiding van ‘n plaaslike gids. Die Auschwitz-konsentrasiekamp was ‘n netwerk van konsentrasie- en uitwissingskampe wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Nazi-Duitsland opgerig en bedryf is. Hierdie kampe is naby die Poolse stad Auschwitz geleë. Meer as ‘n miljoen mense, hoofsaaklik Jode, het in die kampe gesterf. Na die besoek, reis verder na Kraków, die tweede grootste metropool in die land met ‘n bevolking van meer as 750 000.
DAG 14
DAG 15
Na ontbyt vertrek ons bietjie vroeër deur die Poolse platteland oor die Oostenrykse grens na Wene, die hoofstad van Oostenryk vir een nag se verblyf. Kom laatmiddag aan. Daar is vrye tyd in die aand om Wene te verken.
DAG 16
Ons laaste volle dag in Wene en omgewing. Vandag doen ons ‘n halfdag stadstoer insluitend ‘n staptoer deur die middestad voordat ons om 19:00 na die lughawe vertrek vanwaar ons om 22.40 vertrek vir ‘n aansluitingsvlug na Johannesburg.
DAG 17
Ons arriveer omstreeks 16:15 by Johannesburg Internasionale Lughawe.
DIE EINDE VAN ‘N BESIGE MAAR ONVERGEETLIKE ERVARING!