Europese Blommetoere
- Ons gewildste toer vir ‘n eerste besoeker aan Europa. Kom kyk tulpe! Nederland, Duitsland, Oostenryk, Switserland en Italië.
Toer 1: 25 April - 9 Mei 2026
Toer 2: 1 -15 Mei 2026
R61 650
(per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse)
- Kostes verbonde
Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: R61 650
Finansiering: ‘n deposito van R6 000 is betaalbaar met bespreking, uitstaande balans: 3 maande voor vertrek
NIE INGESLUIT BY U TOERPRYS:
- Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
- Koste om by die lughawe in Johannesburg te kom
- Fooitjies
- Sakgeld, drankies
- Opsionele uitstappies.
Enkelkamertoeslag R7000
- Ingesluit in die toerprys
- Retoer vliegkaartjie MET lughawe belasting is ingesluit (meeste rederye vra tans meer as R7 500)
- Alle ontbyte en meeste aandetes
- Bootvaart op die Rynrivier in Duitsland
- Gragtevaart in Amsterdam
- Treinkaartjie na Venesië en terug
- Reisprogram
Dag 1 – Vertrek vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in Amsterdam.
Dag 2 – Land in die oggend op Amsterdam. Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na die gewilde Volendam aan die walle van die Ijselmeer.
Dag 3 – Vandag is ‘n hoogtepunt! Ons besoek die dorpie Lisse en die wêreld se bekendste tuine, Keukenhof (uistappie opsioneel). In die middag besoek ons Amsterdam en doen ‘n gragtevaart. Ons slaap weer buite Amsterdam in ons hotel.
Dag 4 – Vertrek net na ontbyt ooswaarts deur Nederland na Keulen in Duitsland. Besoek die die wêreldbekende Dom met die grootste swaaiende klok in die wêreld (die klepel alleen weeg 1,6 ton). Besoek die bekende 4711 “Eau de Cologne”. Reis verder al langs die Ryn op verby vele middeleeuse kastele tot by Rüdesheim waar ons langs die Ryn oornag.
Dag 5 – Kuier vandag rustig in die geskiedkundige en pragtige Rüdesheim. Besoek die bekende Drosselgasse. Wat van ‘n besoek per kabelkar oor die wingerde na die indrukwekkende Nierderwaldmonument (uitstappie opsioneel). Laatmiddag het ons ‘n Rynvaart vanaf St Goarshaussen, verby die Loreley terug na Rüdesheim.
Dag 6 – Sit vanoggend ons reis voort na die pragtigste dorpie Triberg. Na ‘n besoek aan die koekoekhorlosiewinkels en die grootste koekoekhorlosie ter wêreld. Ons vertrek na ons hotel in die Swartwoud waar ons oornag.
Dag 7 – Vertrek vanoggend vroeg na Switserland. Bring ‘n besoek aan die berge en mere in die omgewing van Luzern. As die weer dit toelaat kan ons een van die sneeubedekte bergspitse per sweefspoor besoek(uitstappie opsioneel).
Dag 8 – Sit ons toer voort en ry verder deur Switserland en die mooiste dele van Oostenryk na Ettal in Duitsland waar ons aan die voet van die Ammergeberge oornag.
Dag 9 – U kry vanoggend geleentheid om Neuschwanstein, die sprokieskasteel van koning Ludwig van Beiere te besoek (uitstappie opsioneel). In die middag besoek ons die mooi dorpie, Oberammergau. Oornag weer in Ettal.
Dag 10 – Reis na Unken in die Oostenrykse Alpe. Hou u kamera reg vir die mooiste natuurskoon. Oornag in die pragtigste dorpie Unken. Die natuurskoon hier is onvergelyklik.
Dag 11 – Besoek Salzburg. Sien die Mirabelpaleis, Salzsachrivier, Getreide Gasse, Mozart geboortehuis, Hohensalzburg en nog meer! Besoek ’n geskiedkundige soutmyn (uitstappie opsioneel) waar u per treintjie kan inry en op ‘n ondergrondse meer kan vaar (beslis ’n hoogtepunt). Oornag weer in Unken.
Dag 12 – Ons groet Unken en reis vanoggend verby Zell am See en steek die onvergeetlike Grossglocknerpas oor. Gewoonlik is die pas hierdie tyd van die jaar nog bedek met ‘n sneeukombers. Reis verder verby Villach na Italië. Slaap vanaand in Lido de Jesolo so 200 meter vanaf die Adriatiese see.
Dag 13 – Heeldagbesoek aan Venesië per trein. Besoek glasblasers, St Markusplein, brug van sugte, Grand Canal en vele meer. Wat van ‘n gondelvaart?
Dag 14 – Doen vir oulaas inkopies in Jesolo se straatjies voordat ons vertrek na die lughawe by Venesië vir ons vlug na JNB. Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.
Dag 15 – Land op JNB, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.