Suid-Italië en Balkanlande toer
- Beleef die wonders van Italië, Kroasië, Bosnië en Montenegro in die somer.
Tentatief 27 Augustus – 10 September 2027
Ongeveer R63 950
(per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse)
- Kostes verbonde
Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: Ongeveer R63 950
Finansiering: ‘n deposito van R6 000 is betaalbaar met bespreking, uitstaande balans: 3 maande voor vertrek
NIE INGESLUIT BY U TOERPRYS:
- Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
- Koste om by die lughawe in Johannesburg te kom
- Fooitjies vir gidse en busbestuurder
- Sakgeld, drankies
- Opsionele uitstappies na die Pompeii ruïnes, kabelkar in Dubrovnik, Colosseum en Sistine Chapel in Rome
Enkelkamertoeslag ongeveer R12 300
- Ingesluit in die toerprys
- Retoer vliegkaartjie MET lughawe belasting is ingesluit (meeste rederye vra tans meer as R7 500)
- Alle ontbyte en meeste aandetes
- Stadstoere in Dubrovnik, Sarajevo en Kotor
- Boot van Sorrento na Capri eilande
- Toegang tot die Plitvice mere
- Reisprogram
Dag 1 – Vertrek vanaf Johannesburg Internasionale lughawe na Rome. Aandete aan boord van die vlug.
Dag 2 – Arriveer by Rome se lughawe en besoek die beroemde Collosseum en die Romeinse Forum. Reis dan deur die Italiaanse platteland na Napels in die Suid-Weskus van Italië vir 2 aande se verblyf. Napels is ‘n pragtige stad aan die Adriatiese kus. Arriveer in Napels in die laatmiddag en daar is tyd vir ‘n heerlike Italiaanse wyntjie of 2 langs die see.
Dag 3 – Vandag is ‘n hoogtepunt op ons toer. Ons ry na die hawe en vertrek met ‘n skeertuig (boot) na die beeldskone Capri-eiland. Daar is genoeg tyd om hierdie pragtige eiland te verken. Besoek die Blue Grotto (opsioneel), ry met ‘n kabelspoor, eet heerlike Italiaanse disse, drink Limoncello en besoek die hoofstad Anna Capri. Swem, koop en kuier die heeldag. Vertrek vanaf Capri laatmiddag na Sorrento met ‘n skeertuig waar ons ‘n paar ure gaan vertoef.Ry na die hotel in Napels vir ‘n lekker heerlike Italiaanse ete.
Dag 4 – Na ontbyt vertrek ons na Rome, die geskiedkundige hoofstad van Italië. Ry langs die Mediterreense kus na die dorpie Pompeii aan die voet van die bekende vuurspuwende berg Vesuvius. Doen ‘n besoek aan Pompeii. Daar is tyd om hierdie bekende Pompeii van binne te besoek (Opsioneel). Reis dan na die pragtige klooster en katedraal Montecassino op die heuwels buite Cassino.Vertrek dan na Rome se hotel vir twee aande se verblyf. Aand vry vir eie vermaak.
Dag 5 – Vertrek na ontbyt op ‘n voldagbesoek aan die belangrike geskiedkundige besoekpunte in en om Rome. Opsionele besoek aan die wêreldberoemde St. Peters Katedraal, die “Sistine chapel”, die “Roman forum”, die Colosseum, die “Spanish steps” en vele ander besienswaardighede in hierdie merkwaardige Italiaanse stad. Na die stadstoer is daar vrye tyd vir inkopies, roomys eet en om terug te gaan na die besienswaardighede van die oggend. Daar is genoeg tyd, vir diegene wat bespreek het om binne in die Colosseum en in die “Sistine chapel” in te gaan. (Opsioneel). Daar is tyd na die aandete om Rome in die aand te besoek.
Dag 6 – Reis na ontbyt deur die Toskaanse platteland na die kusdorp Ancona waar ons ‘n oornag veerboot gaan neem na Split toe.Ons ry deur die mooiste dele van Italië en verkyk ons aan al die wingerde, villas en wynplase. Ons maak ‘n kort besoek aan die asemrowende dorpie op die heuwel, Orvieto, voor ons verder ry na Ancona vir ons oornag veerboot na Split, Kroasië.
Dag 7 – Ons kom vroegoggend in die dorpie Split aan met die veerboot en verken hierdie pragtige stad voordat ons verder reis na een van die mooiste ou stede in Europa, Dubrovnik, waar ons 2 aande gaan bly.Ons kom vroegmiddag by ons hotel aan en daar is vrye tyd om bietjie die stad te verken.
Dag 8 – Ons het vandag ’n vol besoek aan die merkwaardige Dubrovnik met al sy ou geboue en skatte. Daar is genoeg tyd vir inkopies en om al die lekkernye en disse te probeer. Loop al die paaie wat in vele Hollywood reekse en films gebruik is oor die jare, of gaan sit op ’n bankie en geniet ’n lafenis terwyl jy oor die mooie hawe kyk. Die middag gaan ons op ’n kabelkar van 2km wat panoramiese uitsigte gee oor die stad (opsioneel).
Dag 9 – Na ontbyt steek ons die Kroasiese grens oor en ry deur die platteland van Montenegro na die pragtige dorpie Kotor.Ons besoek Kotor saam en het vrye tyd in hierdie mooie dorpie en sy talle restaurante en winkeltjies. Doen ’n volledige besoek aan Kotor voordat ons die strate invaar vir tradisionele musiek, disse en drankies en dan na die hotel toe beweeg.
Dag 10 – Vandag is ’n hoogtepunt op die toer. Ons ry oor die Montenegro grens na Bosnië. Ons eerste besoekpunt sal jou asem wegslaan. Ons besoek die ongelooflike mooie dorpie, Mostar, met sy ryke geskiedenis en kleurvolle huisies. Na middagete vertrek ons na die hoofstad van Bosnië. Ons sal 2 aande slaap in Sarajevo wat ’n baie belangrike rol gespeel het in verskeie oorloë. Die aand is vry om hierdie merkwaardige stad te verken en om ’n koffie, wyn of Bosniese bier te drink.
Dag 11 – Na ’n heerlike ontbyt gaan ons op ’n voldag stadstoer van die belangrikste geskiedkundige besoekpunte van Sarajevo gelei deur ’n plaaslike gids. Die laatmiddag en aand is vry vir eie vermaak. Daar is genoeg tyd om inkopies te doen en om hierdie merkwaardige stad te voet te verken.
Dag 12 – Vandag reis ons deur die Bosniese platteland omring deur berge en riviere oor die grens terug na Kroasië. Ons slaap vanaand in die pragtige kusdorpie Zadar met sy mooi strand en blou see. Aand is vry vir eie vermaak.
Dag 13 – Vertrek laat oggend na die asemrowende Plitvice mere vir een aand se verblyf. Vandag is ’n hoogtepunt in Kroasië met die mooiste natuurskoon en watervalle in hierdie natuurpark, Plitvice.Verken eers rustig die natuurpark en die mere per voet voor ons na ons hotel beweeg vir ’n heerlike nagrus in die mooiste omgewing. Daar is genoeg vrye tyd vir eie wandelinge en om saam met vriende ’n biertjie of wyntjie te geniet.
Dag 14 – Vandag is on laaste dag in Europa. Ons vertrek na die lughawe in Zagreb om ons vlug terug te kry na Johannesburg.
Dag 15 – Arriveer op Johannesburg Internasionale lughawe.