Europese Somertoer met André Rieu
- Ontdek 7 wonderlike Europese lande in die Somer met André Rieu
27 Junie – 10 Julie 2026
R62 950
(per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse)
- Kostes verbonde
Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: R62 950
Finansiering: ‘n deposito van R6 000 is betaalbaar met bespreking, uitstaande balans: 3 maande voor vertrek
NIE INGESLUIT BY U TOERPRYS:
- Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
- Koste om by die lughawe in Johannesburg te kom
- Fooitjies vir gidse en busbestuurder
- Sakgeld en drankies
- Opsionele uitstappies (Mount Titlis, Trummelbach watervalle)
Enkelkamertoeslag R9800
- Ingesluit in die toerprys
- Retoer vliegkaartjie MET lughawe belasting is ingesluit (meeste rederye vra tans meer as R7 500)
- Alle ontbyte en meeste aandetes
- Alle stadstoere
- Vaart op die Sein rivier in Parys
- Kanaalvaart in Amsterdam
- André Rieu konsertkaartjie
- Reisprogram
Dag 1 – Vertrek vanaf Johannesburg Internasionale Lughawe na Parys. Aandete aan boord.
Dag 2 – Arriveer in Parys in die oggend. Vertrek na aankoms na die stad en verken Parys se pragtige besienswaardighede vanaf ‘n boot op die Seinrivier. Na aandete vertrek ons op ‘n stadstoer ‘Paris by night’
Dag 3 – Vandag is daar geleentheid om Parys te verken en inkopies te doen. Bring besoeke aan die Notre Dame, Arc de Triomf ens. Besoek na aandete die Mont Marte, die Eiffel-toring, en nog meer. Aandete word genuttig by die hotel.
Dag 4 – Reis na ontbyt vanaf Parys na Brugge in België vir een nag se verblyf. Aandete op eie stoom in hierdie pragtige Belgiëse stad.
Dag 7 – Na ontbyt vertrek ons verder via Keulen vir een nag se verblyf in ’n pragtige dorpie langs die magtige Rhein. Aandete in die hotel.
Dag 8 – Na ontbyt vertrek ons deur die mooie Duitse platteland na die Swartwoud vir een nag se veblyf. Ons reis neem ons deur een van die mooiste streke van Duitsland. Ons bring ook ʼn besoek aan Heidelberg vir middagete en ‘n kort besigtiging. Reis verder deur die “Swartwoudgebied” na Triberg die tuiste van die koekoekhorlosies voordat ons na ons hotel toe vertrek. Aandete in hotel.
Dag 9 – Vertrek na ontbyt na Switserland vir twee nagte se verblyf in die Jungfrau-vallei. Reis deur die Duitse platteland en kruis die Switserse grens by Schaffhaussen na ons bestemming in ‘n pragtige Switserse dorpie vir twee nagte se verblyf. Vandag is daar ook geleentheid om by Engelberg met die kabelspoorrit Mount Titlis te besoek. (opsioneel). Reis dan deur die asemrowende Alpe na ons hotel langs die meer. Aandete in die hotel.
Dag 10 – Vandag is n rustige dag waar ons die omgewing gaan verken. Besoek die Jungfrau-vallei en die Trummelbach waterval (opsioneel). Daar is volop ander uitstappies wat die dag ingesluit is. Hierdie besienswaardighede moet u nie misloop nie. Besoek ‘n pragtige dorpie tussen die Alpe. Bring ‘n kort besoek aan Luzern met die pragtige “Alte Brücke” langs die Vierwaldstättermeer en winkeltjies wat veral bekend is vir die Switserse messe en horlosies. Keer terug na ons hotel waar aandete geniet sal word.
Dag 11 – Vertrek na ontbyt deur die platteland van Switserland na Hinterthal naby Salzburg in Oostenryk vir twee nagte se verblyf in hierdie skilderagtige en bekende Oostenrykse ski-oord, in die Saalfelden-vallei. Ons ry deur die prinsdom van Liechtenstein en maak ’n besoek aan die hoofstad Vaduz vir inkpies en ietsie om te eet of drink. Vandaar reis ons verder deur die Alpe na ons pragtige hotel in Hinterthal. Vanaand wag daar ’n smullekker aandete in die hotel.
Dag 12 – Reis na ontbyt na Salzburg vir ‘n heerlike besoek aan hierdie kultuur stad met al sy pragtige besienswaardighede. Ons reis terug deur die natuurskone Oostenryk om die beeldskone omgewing rondom ons hotel te verken. Daar is dalk tyd om op een van die nabygeleë kabelspore op te gaan. Aandete in die hotel.
Dag 13 – Ons laaste vol dag in Europa. Vertrek na ontbyt na Oberammergau en die Wieskirche vir ‘n kort besoek asook die “Kasteel Linderhof” (een van Ludwig II se drie kastele as nalatenskap). Reis verder na Munich vir ‘n stadsbesoek voordat ons na die lughawe vertrek vir ʼn aansluitingsvlug na Johannesburg.
Dag 14 – Ons arriveer die middag op die Johannesburgse Internasionale Lughawe.