Marokko Toere
- Kom ervaar Marokko met al sy kleure, geure, klank en kultuur!
15 – 26 Oktober 2026
R47 500
(per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse)
- Kostes verbonde
Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: R47 500
Finansiering: ‘n deposito van R6 000 is betaalbaar met bespreking, uitstaande balans: 3 maande voor vertrek.
NIE INGESLUIT BY U TOERPRYS:
- Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
- Koste om by die lughawe in Johannesburg te kom
- Fooitjies vir gidse en busbestuurder
- Sakgeld, drankies, middagetes
- Ingangsfooie na monumente
- Opsionele uitstappies : Kameelritte & “Sand boarding”
Enkelkamertoeslag R4000
- Ingesluit in die toerprys
- Retoer vliegkaartjie MET lughawe belasting is ingesluit
- Alle ontbyte en 3 aandetes
- 1 aand in ‘n woestynkamp (ete ingesluit)
- Plaaslike gidse (Fes en Marrakech)
- 4WD voertuie om die woestyn te besigtig
- Reisprogram
DAG 1
Vertrek vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in Casablanca.
DAG 2
Land vroeg middag op Casablanca. Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na die ou stad van Casablanca waar ons verskeie markte en die grootste moskee in Marokko besoek. Vertrek laatmiddag na ons hotel in Casablanca waar ons gaan oornag.
DAG 3
Na ’n heerlike ontbyt besoek ons die mooie stad, Rabat voordat ons die pad vat na Ouazzan village. Nadat ons deur die markte beweeg het en inkopies gedoen het, nuttig ons ’n eg tradisionele middagete en reis dan verder na die manjifieke stad van Chefchaouen gaan, waar ons in ’n plaaslike riad oornag.
DAG 4
Vertrek net na ontbyt na Meknes vir ’n kort toertjie deur die ou stad. Ons vat dan die pad deur die heuwels op ’n begeleide toer na die Romeinse ruines van Volubilis, ’n UNESCO erfenis gebied met sy mosaïek vloere en antieke baddens.
Na middagete besoek ons die 18de eeuse Mansour hekke en die koninklike paleis in Meknes. Vanaand vertrek ons na die stad Fes waar ons in ’n plaaslike riad gaan oornag.
DAG 5
Ons verken Fes vandag saam met ’n plaaslike gids per voet en met die bus. Daar is soveel om te sien in Fes, onder andere die antieke Medina en die koninklike paleis met sy 7 goue hekke. Hierna besoek ons Borj Nord waar ons ’n fantastiese uitsig het oor die hele Fes het. Daar is nog tyd om die oudste universiteit in die wêreld en ’n leerfabriek te besoek met vrye tyd ingewerk voordat ons na ons verblyf in Fes terugkeer.
DAG 6
Na ’n heerlike ontbyt vertrek ons na die Atlasberge en doen ook aan by Ifrane wat bekend staan as die Switzerland van Marokko. Ons beweeg deur pragtige sederwoude oor klippaaie na die Tafilalt oase waar ons die bedreigde barbarian apies gaan sien. Ons geniet middagete in Errachidia met ’n panoramiese uitsig oor die Aziz vallei. Hierna is dit tyd vir ontspan in die woestyn. Vir diegene wat wil is daar die geleentheid om ’n kameelrit te geniet tydens sonsondergang (opsioneel). Vanaand is inderdaad ’n hoogtepunt wanneer ons in ’n woestynkamp oornag! Ons word deur tradisionele Berber musiek vermaak terwyl ons die asemrowende sterrehemel op sy helderste sien. Voorwaar ’n emmerlys ervaring!
DAG 7
Vertrek vanoggend na Khamlia, die klein dorpie van Gnaoua met sy unieke musiek en die soutmyne van Mefis. Ons besoek onder meer plaaslike Marokkane wat nog in kameelhaar-tente bly en leer meer van hierdie mense se leefstyl en tradisies. Hierna ’n besoek aan die Srij meer en die klein oase van Merzouga. Na middagete in ’n Berber huis vertrek ons na ons hotel om die ongelooflike sonsondergang te besigtig vanuit ons riad.
DAG 8
Ons dag begin met ’n asemrowende woestyn sonsopkoms en ’n heerlike ontbyt. Ons reis dan na die pragtige Todra Gorgelangs die ongerepte landskap van die Cane Road. Die Todra klowe is ’n natuurwonder met fonteine, rotsformasies en ongelooflike klowe wat al in baie Hollywood films vasgelê is. Ons reis deur die Dades Vallei voordat ons na ons hotel toe gaan waar ons aandete en ’n goeie nagrus geniet.
DAG 9
Na ’n heerlike ontbyt, vertrek ons na die Rose Vallei, Skoura, Ourzazate. Ons besoek die kasteel in Moguna asook die Amazighe kasteel wat die filmstel was vir die bekende films Lawrence of Arabia en Gladiator. In die middag reis ons oor die Atlasgebergtes en stop by ‘n Argan oliefabriek voordat ons vertrek na die mooie Marrakech waar ons gaan oornag.
DAG 10
Vandag is ’n groot hoogtepunt op ons toer deur Marokko. Ons doen ’n voldag besoek aan Marrakech met al sy interessanthede, markies, eksotiese disse en unieke kultuur. Ons het ’n begeleide toer deur die 12de eeuse Qutubia moskee en die tuine van Majorelle met al sy kaktusse, palmbome en varings wat die inspirasie is vir die skilder, Jacques Majorelle. Ons besoek ook verskeie monumente soos die 16de eeuse Saadi grafte met sy pragtige mosaïek. Na middagete het ons genoeg vrye tyd om deur die besige en kleurvolle markte van Marrakech te loop en ons inkopies te doen. Hier kan jy jou verlustig aan die mooiste helder klere, skoene, juwele, speserye, parfuum, matte, leerwerke ens. In die aand is daar baie vermaak in die klein straatjies rondom die Jemaa El Fna plein met talle sangers, akrobate, dansers en storievertellers wat die mense vermaak.
DAG 11
Vanoggend is ons laaste oggend in Marokko en ons kan vir oulaas inkopies doen in Marrakech se straatjies voordat ons vertrek na die lughawe vir ons vertrek na Suid-Afrika. Aandete word geniet aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van jou keuse.
DAG 12
Land op JNB, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.