Meditereense Bustoer
- Spanje, Frankryk, Venesië, Kroasië
Toerdatums:
tentatief 1 - 15 September 2026
Ongeveer R61 950
(per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse)
- Toer oorsig
Ons besoek plekke soos Barcelona, Montserrat, Avignon en vele meer.
- Kostes verbonde
Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: ongeveer R61 950 per persoon wat dubbelkamer deel
Finansiering: ‘n deposito van R6 000 is betaalbaar met bespreking
- Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
- Koste om by die lughawe in Johannesburg te kom
- Fooitjies
- Sakgeld, drankies
- Opsionele uitstappies
Enkelkamertoeslag (sal bereken word)
- Ingesluit in die toerprys
- Retoer vliegkaartjie MET lughawe belasting is ingesluit (meeste rederye vra tans meer as R7 500)
- Alle ontbyte en meeste aandetes
- Verblyf in goeie hotelle
- Busvervoer in 'n luukse lugversorgde toerbus
- Treinrit na en van Venesië
- Reisprogram
Dag 1 – Vertrek die middag vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in Barcelona.
Dag 2 – Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik vir ’n stadstoer van Barcelona en sien onder andere Antoni Gaudi se La Sagrada Familia. Slaap in die vakansiedorpie Calella, reg langs die Mediterreense see. Geniet aandete in die die hotel.
Dag 3 – Heeldagbesoek aan Barcelona. Verlustig u in die unieke argitektuur van die stad. Besoek Las Ramblas vir inkopies. Vroegmiddag vertrek ons na Montserrat in die berge van Katelonië en besoek die Benediktynse klooster met asemrowende uitsigte. Geniet aandete in ons hotel in Calella.
Dag 4 – Vandag is u vry om Barcelona op eie stoom te verken per trein (opsioneel) of net rustig in Calella se winkeltjies rond te kuier en op die strand te baljaar! Wat van tapas of seekos op die strand by een van die strandrestaurante? Oornag weer in Calella met sy glashelder seewater. Aandete op eie stoom by een van die talle restaurantjies.
Dag 5 – Vertrek net na ontbyt noordwaarts. Ry al langs die kus oor die Pireneë bergreeks na Frankryk se Languedoc distrik. Hier besoek ons die middeleeuse stad Carcassonne met sy 53 wagtorings en dubbele stadsmuur – kompleet soos ’n sprokie uit die 12eeeu. Oornag in die oud-Romeinse stad Nimes waar ons ook aandete geniet by ons hotel.
Dag 6 – Vandag reis ons verder deur Provaans met sy wingerde. Ons besoek die eeue-oue Pont du Gard en doen aan by die pragtige stad, Avignon, aan die walle van die Rhône-rivier. Reis verder na die parfuumhoofstad van die wêreld, Grasse, waar menige bekende parfuumhuise se olies gemeng word. Ons oornag in Grasse en u kry die geleentheid om op eie stoom aandete te geniet.
Dag 7 – Ons besoek vanoggend een van die bekende parfuumhuise in Frankryk en kry ’n blykie van hoe parfuum gemaak word. Hierna kuier ons verder al langs die Franse Riviera verby Cannes en Nice. Later steek ons die grens oor na Italië en slaap vanaand in die stad, Genoa, waar ons almal saam aandete geniet.
Dag 8- Vandag besoek ons Cinque Terre, die bekende “Vyf dorpies”. Na ’n ongelooflike dag van eet, swem en verken gaan ons weer oornag in Genoa. Aandete by hotel.
Dag 9 – Vanoggend reis ons verder na die stad van liefde en romantiek aan die oewers van die Adige-rivier – Verona, verewig in Shakespeare se roman, Romeo en Juliet. Namiddag reis ons na Quarto d’Altino naby Venesië, waar ons oornag en saam aandete geniet.
Dag 10 – Vertrek vroegoggend met die trein na die stad van water, Venesië. Wat van ‘n gondelvaart of waterbus (opsioneel)? Of stap sommer oor die honderde bruggies terwyl u pizza eet. Slaap weer in Quarto d’Altino. Aandete in die hotel.
Dag 11 – Ons vertrek vanoggend na Rabac in Kroasië waar ons vir die volgende drie dae tuisgaan reg langs die Adriatiese see. Oppad soontoe, doen ons aan by Portoroz, ’n pragtige vissersdorpie aan die Sloveense kus. Geniet ’n heerlike aandete in die hotel.
Dag 12 – Vandag kry u die geleentheid om die kusdorpies van Kroasië te besoek onder andere Rovinj en Hum, die kleinste stadjie ter wêreld. Geniet van die heerlike wyne en olywe van die omgewing. Namiddag kuier ons luilekker langs die see voordat ons terug na ons hotel toe gaan.
Dag 13 – Vandag kry u die geleentheid om luilekker langs die strand te ontspan by ons hotel in Rabac. Ons doen ‘n besoek aan die eilande in die omgewing per boot (opsioneel). Geniet aandete in die hotel vir oulaas.
Dag 14 – Nadat ons tasse gepak is, groet ons Kroasië vandag en reis na Marco Polo Lughawe buite Venesië vir ons vlug na JNB. Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.
Dag 15 – Land in JNB Internasionaal. Stokflou na ’n fantastiese toer!