Oos-Europa & Balkanlande toer

23 Mei – 6 Junie 2026

R56 990 

(per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse)

Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: R56 990

Finansiering: ‘n deposito van R6 000 is betaalbaar met bespreking, uitstaande balans: 3 maande voor vertrek

NIE INGESLUIT BY U TOERPRYS:

  • Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
  • Koste om by die lughawe in Johannesburg te kom
  • Fooitjies vir gidse en busbestuurder
  • Sakgeld, drankies, meeste middagetes
  • Addisionele/opsionele uitstappies soos aangedui in toerplan
  • Alle fooitjies
Enkelkamertoeslag R10 500

Dag 1 – Vertrek die middag vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in die Tsjeggiese Republiek.

Dag 2 – Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na Praag.  Besoek die Praagse kasteel waar u waarskynlik ‘n wisseling van die wag kan sien. Geleentheid om die St.Vituskatedraal te sien.

Dag 3 – Heeldag in Praag. Besoek die historiese Karelsbrug oor die Moldou, die ou stadsplein, die astronomiese klok, St Wensclassplein en vele meer. In die aand besoek ons ’n eg tradisionele Tsjeggiese Folklore met kos, musiek en dans (opsioneel).

Dag 4 – Reis deur die Tsjeggiese platteland. Ons doen aan by die mooiste dorpie tydens ons roete onderweg na Wene in Oostenryk. Besoek die Straussmonument in die stadspark. Vanaand geleentheid om ‘n Strausskonsert by te woon (opsioneel).

Dag 5 – Verken Wene die oggend. Sien onder meer die Weense Operahuis, die St. Stephansplatz en die pragtige somerpaleis van die Hapsburgers, die Schoenbrunn (opsioneel). Oornag weer in Wene.

Dag 6 – Vertrek vroegoggend na die pragtige Bratislava in Slovakye waar ons die mooi stadjie besoek. Hierna reis ons verder deur die Hongaarse platteland na Budapest, hoofstad van Hongarye waar ons die volgende twee aande oornag.

Dag 7 – Vandag doen ons ‘n stadstoer per bus van Budapest. Sien onder meer die Heldeplein, kasteelgebied, Vissermansbastion en kettingbrug. Vanaand het ons ‘n bootvaart met musiek terwyl ons deur Budapest vaar op die Donou.

Dag 8 – Ons vertrek vroeg  en reis van een van die groenste lande in die wêreld – Slovenië.

Dag 9 – Vandag besoek ons Ljubljana, hoofstad van Slovenië en die asemrowend mooie Bled met sy blouselblou water. Wat van bietjie tobaggoning teen die ski-loop af vir die geesdriftiges? Oornag weer net buite Ljubljana.

Dag 10 – Vandag besoek ons die Postojna-grotte – die grootste grotnetwerk in die wêreld en ’n moet-ervaring (opsioneel).   Daarna reis ons verder na Krk-eiland in Kroasië waar ons vir die volgende 3 dae tuisgaan.

Dag 11 – Ons verken die eilande in die baai van Kvarner vandag. U kan heerlik in die blouste-blou water swem en rondkuier of wat van ’n bootvaart (opsioneel) na sommige van die ander eilande? 

Dag 12 – Vandag verken ons Kroasië se kus verby Rijeka en Opatija na Kroasië se Istria provinsie. Ons doen aan by prentjiemooie kusdorpies onder andere Rovinj en Hum

Dag 13 – Ons vertrek vroeg na Plitvice, in die middel van Kroasië en een van die natuurwonders van die wêreld met sy 16 mere en watervalle (opsioneel). Hier verwyl ons ’n hele paar uur voor ons na die hotel vertrek.

Dag 14 – Nadat ons opgepak het, reis ons na Zagreb vir ons vlug na JNB. Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.

Dag 15 – Geniet ontbyt op die vliegtuig.  Land op JNB, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.