Oos-Europa en Italië toer

tentatief 15 – 29 Augustus 2026

ongeveer R61 650

(per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse)

Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: ongeveer R61 650

Finansiering: ‘n deposito van R6 000 is betaalbaar met bespreking, uitstaande balans: 3 maande voor vertrek

NIE INGESLUIT BY U TOERPRYS:

  • Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
  • Koste om by die lughawe in Johannesburg te kom
  • Fooitjies vir gidse en busbestuurder
  • Sakgeld, drankies
  • Opsionele uitstappies na Postonja grotte, kabelkar in Dubrovnik, Kolosseum en Sistine Chapel in Rome
Enkelkamertoeslag (Sal bereken word)

Dag 1 – Vertrek vanaf Johannesburg Internasionale lughawe na Rome. Aandete aan boord van die vlug.

Dag 2 – Arriveer by Rome se lughawe en vertrek deur die Italiaanse platteland na Sorrento in die Suid-Weskus van Italië vir 2 aande se verblyf. Sorrento is ‘n pragtige dorpie aan die Adriatiese kus. Oppad na Sorrento besoek ons die asemrowende Montecassino op die heuwels, ‘n kort entjie van Rome af. Arriveer in Sorrento in die middag en daar is genoeg vrye tyd om hierdie bekende kusdorp te besoek en daar is tyd vir ‘n heerlike Italiaanse wyntjie of 2. 

Dag 3 – Vandag is ‘n hoogtepunt op ons toer. Ons ry na die hawe in Sorrento en vertrek met ‘n skeertuig (boot) na die beeldskone Capri-eiland. Daar is genoeg tyd om hierdie pragtige eiland te verken. Besoek die Blue Grotto (opsioneel), ry met ‘n kabelspoor, eet heerlike Italiaanse disse, drink Limoncello en besoek die hoofstad Anna Capri. Swem, koop en kuier die heeldag. Vertrek vanaf Capri laatmiddag na Sorrento met ‘n skeertuig (boot) na ons hotel. Die aand vry vir eie vermaak.

Dag 4 – Na ontbyt vertrek ons na Rome, die geskiedkundige hoofstad van Italië. Ry langs die Meditereense kus na die dorpie Pompeii aan die voet van die bekende vuurspuwende berg Vesuvius. Doen ‘n besoek aan Pompeii. Daar is tyd om hierdie bekende Pompeii van binne te besoek (opsioneel). Wanneer ons in Rome aankom doen ons ‘n kort besoek aan die welbekende Colosseum en die interessante omgewing rondom die Colosseum. Na die kort stadstoer gaan ons na die hotel vir twee aande se verblyf Die aand vry vir eie vermaak.

Dag 5 Vertrek na ontbyt op ‘n voldagbesoek aan die belangrike geskiedkundige besoekpunte in en om Rome. Opsionele besoek aan die wêreldberoemde St. Peters Katedraal, die “Sistine chapel”, die “Roman forum”, die Colosseum, die “Spanish steps” en vele ander besienswaardighede in hierdie merkwaardige Italiaanse stad. Na die stadstoer is daar vrye tyd vir inkopies, roomys eet en om terug te gaan na die besienswaardighede van die oggend. Daar is genoeg tyd, vir diegene wat bespreek het om binne in die Colosseum en in die “Sistine chapel” in te gaan. (opsioneel). Daar is tyd na die aandete om Rome in die aand te besoek.

Dag 6   Reis na ontbyt deur die Toskaanse platteland na die pragtige stad van Bologna. Ons ry deur die mooiste dele van Italië en verkyk ons aan al die wingerde, villas en wynplase. Ons maak ‘n kort besoek aan die asemrowende dorpie op die heuwel, San Gimignano in die Toskaanse gebied. Vertrek daarna na Bologna waar ons een aand gaan bly. Geniet ‘n eg Italiaanse aandete en probeer van die plaaslike Italiaanse wyne. Die aand is vry vir eie vermaak!

Dag 7 – Vandag ry ons deur 3 lande om by ons bestemming langs die Adriatiese see in Kroasië uit te kom. Ons eerste stop na die Italiaanse grens is die ongelooflike Postonja Jama grotte met sy 18km lange grot sale en tonnels in Slovenië. Die ingaan van hierdie grotte is opsioneel, maar word sterk aanbeveel. Van daar ry ons deur die Kroasiese platteland na die pragtige kusdorpie, Opatija vir een aand se verblyf. Die aand na aandete is vry vir eie vermaak.

Dag 8 – Vertrek na ontbyt na die asemrowende Plitvice mere vir een aand se verblyf. Vandag is ‘n hoogtepunt in Kroasië met die mooiste natuurskoon en watervalle in hierdie natuurpark, Plitvice. Verken eers rustig die natuurpark en die mere per voet voor ons na ons hotel beweeg vir ‘n heerlike nagrus in die mooiste omgewing. Daars genoeg vrye tyd vir eie wandelinge en om saam met vriende ‘n biertjie of wyntjie te geniet.

Dag 9 – Ons reis vandag verder deur die Kroasiese platteland na die kusdorpie Split. Na ‘n besoek en middagete in hierdie pragtige dorpie met sy ryk geskiedenis, reis ons na een van die mooiste ou stede in Europa, Dubrovnik, waar ons 2 aande gaan bly. Ons kom laatmiddag by ons hotel aan en daar is vrye tyd om bietjie die stad te verken.

Dag 10 – Ons het vandag ‘n volbesoek aan die merkwaardige Dubrovnik met al sy ou geboue en skatte. Daar is genoeg tyd vir inkopies en om al die lekkernye en disse te probeer. Loop al die paaie wat in vele Hollywood reekse en films gebruik is oor die jare, of gaan sit op ‘n bankie en geniet ‘n lafenis terwyl jy oor die mooie hawe kyk. Die middag gaan ons op ’n kabelkar van 2km wat panoramiese uitsigte gee oor die stad (opsioneel).

Dag 11 – Na ontbyt steek ons die Kroasiese grens oor en ry deur die platteland van Montenegro na die pragtige dorpie Budva. Ons besoek Budva en sy talle restaurante en winkeltjies. Geniet middagete in Budva voordat ons na die mooie Kotor toe gaan vir een aand se verblyf. Doen ‘n volledige besoek aan Kotor voordat ons die strate invaar vir tradisionele musiek, disse en drankies.

Dag 12 – Vandag is ‘n hoogtepunt op die toer. Ons ry oor die Montenegro grens na Bosnië. Ons eerste besoekpunt sal jou asem wegslaan. Ons besoek die ongelooflike mooie dorpie, Mostar, met sy ryke geskiedenis en sy kleurvolle huisies. Na middagete vertrek ons na die hoofstad van Bosnië. Ons sal 2 aande slaap in Sarajevo wat ‘n baie belangrike rol gespeel het in verskeie oorloë. Die aand is vry om hierdie merkwaardige stad te verken en om ‘n koffie, wyn of Bosniese bier te drink.

Dag 13 – Na ‘n heerlike ontbyt gaan ons op ‘n voldag stadstoer van die belangrikste geskiedkundige besoekpunte van Sarajevo gelei deur ‘n plaaslike gids. Die laatmiddag en aand is vry vir eie vermaak. Daar is genoeg tyd om inkopies te doen en om hierdie merkwaardige stad op voet te verken.

Dag 14 – Vandag is on laaste dag in Europa. Ons het nog genoeg kans vir inkopies, stap en om Sarajevo te besoek voordat ons na die lughawe gaan om ons vlug terug te kry na Johannesburg.

Dag 15 – Arriveer  op Johannesburg Internasionale lughawe.