Turkye Toere

Toer 1: 24 April - 6 Mei 2026
Toer 2: 2 - 14 Oktober 2026

R49 650

(per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse)

Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: R49 650

Finansiering: ‘n deposito van R6 000 is betaalbaar met bespreking, uitstaande balans: 3 maande voor vertrek

NIE INGESLUIT BY U TOERPRYS:

  • Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
  • Koste om by die lughawe in Johannesburg te kom
  • Fooitjies vir gidse en busbestuurder
  • Sakgeld, drankies, meeste middagetes
  • Lugballon rit in Cappadocia en Tradisionele Turkse aand in Cappadocia
  • Tradisionele Turkse ontbyt met aankoms in Istanbul
Enkelkamertoeslag (Sal bereken word)

Dag 1 – Vertrek vanaf Johannesburg Internasionale Lughawe na Istanbul. Aandete aan boord.

Dag 2 – Arriveer in Istanbul vir 2 aande se verblyf. Geniet ’n tradisionele Turkse ontbyt voordat ons stad toe beweeg. Ons besoek ’n paar plekke in Istanbul voordat ons na die hotel gaan. Gaan op ʻn Bosphorus sonsondergang rivier-bootvaart. Die aand is vry om in Istiklal straat rond te loop vir inkopies in een van die langste en besigste inkopie strate in die wêreld.

Dag 3 – Vandag is daar geleentheid om Istanbul te verken vir ʻn vol dag stadstoer van Istanbul met ʻn Engelse gids. Besoek al die wonderlike besienswaardighede soos die Blue Mosque, Hagia Sofia, Grand Bazaar, Galata Port, Galata tower, Topkapi, Hippodrome en nog vele meer. Die aand is vry vir inkopies en vrye tyd in hierdie stad wat nooit slaap nie.

Dag 4 – Reis na ontbyt verder na Canakkale vir een nag se verblyf. Ons reis via Gallipoli en Eceabat en bring ʻn besoek die ANZAC slagvelde by Gallipoli met die Lone Pine Australian Memorial asook die Chunuk-Bair New Zealand Memorial en besoek ANZAC Cove, ‘n beroemde WW1 landingsplek. Die aand in Canakkale is vry.

Dag 5  Reis na ontbyt vanaf Canakkale na Kuşadası vir een nag se verblyf. Reis van Canakkale na Troy waar ons die oggend deurbring om die antieke stad te besoek. Troy – Ontdek die legendariese ruïnes en sien ʻn replika van die beroemde houtperd wat gebruik was om die stad te plunder. Vertrek na Troy na ons pragtige hotel wat oor die see uitkyk by Kuşadası vir aandete en een nag se verblyf.

Dag 6   Vertrek vroeg vanaf Kuşadası vir 1 aand se verblyf in ‘n ongelooflike hotel naby die blou poele in Pamukkale. Reis dan na die Bybelse stad van Efese waar ons die Artemis tempel, Odeon en Celcius library besoek. Efese – Besoek die marmerruïnes van hierdie Romeinse stad wat eens die plek was van die groot Tempel van Artemis, een van die Sewe Antieke Wonders. Geniet aandete, Turkse danse en ‘n swem of sauna by die hotel in Pamukkale.

Dag 7 – Vertek na ontbyt na die terrasvormige swembaddens en natuurlike warm en kalsiumryke water van Pamukkale. Bring eers ʻn besoek aan hierdie kalsium poele en die ou stad van Hierapolis waar die Appolo tempel en die antieke stad van Acropolis is waar vele Christene gemartel is in die Bybelse tyd. Vertrek dan na die vakansiedorp Fethiye langs die blou see vir 2 nagte se verblyf. Aandete in die hotel. Die aand is vry vir eie vermaak en vir die verken van hierdie besige dorpie met al sy restaurante, markte en kroeë.

Dag 8 – Na ontbyt gaan ons een van die hoogtepunte van hierdie toer beleef. Ons vertek op ʻn voldag bootvaart na die 12 eilande om Fethiye vir swem en ontspannning in die mooiste en blouste see. Daar is selfs tyd om vanaf die boot in die see te spring vir lafenis. Ons nuttig middagete op die boot en daar is genoeg tyd vir ‘n dans en skuimpartytjie terwyl ons om al die eilande vaar. Die aand is vry vir wandel, swem en inkopies.

 Dag 9 – Ons vertrek vanoggend na ‘n heerlike Turkse ontbyt deur die platteland na die stad van Konya vir een nag se verblyf. Ons arriveer in Konya en besoek die Mosaleum van Mevlana voordat ons na die hotel gaan vir aandete en vrye tyd.

Dag 10 – Na ontbyt vertrek ons na Cappadocia met sy asemrowende landskap vir twee nagte se verblyf. Reis verder en verken die landskap van Cappadocia. Die aand gaan ons na ʻn tipiese Turkse aand (opsioneel) toe met Turkse musiek, Dervisher dansers en al die smaaklike Turkse disse waaraan jy kan dink.

Dag 11 – Vir diegene wat vroeg wil opstaan is daar ʻn geleentheid om op die lugballone te gaan met uitsigte oor die unieke landskap van Cappadocia. (opsioneel). Na ontbyt het ons ʻn voldag toer van hierdie ongelooflike deel van die wêreld. Ons besoek ondergrondse Christen stede, pragtige valleie, berge, strome en riviere, vulkaniese rotsformasies en die menige huisies wat in die rotse ingebou is. Ons het middagete in die vallei en daar is genoeg tyd vir inkopies, fotos en heerlike disse. Na aandete is daar vrye tyd vir verkenning en saamkuier. 

Dag 12 – Vertrek na ontbyt na die Turkse hoofstad van Ankara vir ons aansluitingsvlug terug na Johannesburg via Istanbul. Daar is nog tyd om die baie beroemde vader van die Turke, Ataturk, se graf en monument te besoek voor ons lughawe toe gaan.

Dag 13 Arriveer in Johannesburg  op OR Tambo Lughawe.