Wes-Europa Toer met André Rieu
- Kom ervaar Nederland, België, Frankryk en Switserland in die Europese Somer.
23 Junie – 5 Julie 2026
R62 950
(per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse)
- Kostes verbonde
Totale toerprys sluit retoer vliegtuigkaartjies met lughawe belasting in: R62 950
Finansiering: ‘n deposito van R6 000 is betaalbaar met bespreking, uitstaande balans: 3 maande voor vertrek
NIE INGESLUIT BY U TOERPRYS:
- Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
- Koste om by die lughawe in Johannesburg te kom
- Fooitjies vir gidse en busbestuurder
- Sakgeld en drankies
- Opsionele uitstappies soos aangedui in toerplan
Enkelkamertoeslag (Sal bereken word)
- Ingesluit in die toerprys
- Retoer vliegkaartjie MET lughawe belasting is ingesluit (meeste rederye vra tans meer as R7 500)
- Alle ontbyte en meeste aandetes
- André Rieu konsertkaartjie
- Goed opgeleide toergidse
- Reisprogram
Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord en ‘n drankie van u keuse.
Dag 2 – Land in Zurich en kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe. Ry na die pragtige stad Lucern met sy kapelbrug en hartroerende Leeumonument. Laatmiddag vertrek ons na ons hotel in die berge by Engelberg.
Dag 3 – Ons vertrek vanoggend na Engelberg, ‘n dorpie in die hartjie van Switzerland, waar ons, as die weer gunstig is, per sweefspoor met die 3239 meter hoë Titlis bergpiek kan opgaan (opsioneel). Hierna reis ons verder wes na die kanton van Bern en besoek die mooi dorpe Lauterbrunnen en Brienz. Ons oornag in die pragtige stadjie, Interlaken.
Dag 4 – Ons sit ons toer voort vandag na Frankryk se Alsace provinsie waar ons vir die volgende twee dae tuisgaan. Hierdie streek is bekend vir sy wyne, veral Riesling wyne en Cremant vonkelwyn, en is een van Europa se top 20 toeriste bestemmings.
Dag 5 – Vandag verken ons die Alsace-streek. Ons besoek Colmar, Riquewihr en Eguisheim waar ons onder meer van die jaar se lekkerste wyne proe (opsioneel).
Dag 6 – Vandag reis ons ooswaarts deur Frankryk se Champagne streek verby Reims, die hoofstad van hierdie borreldrankie, na die stad van ewige romantiek – Parys – waar ons vir die volgende twee aande tuisgaan.
Dag 7 – Vandag doen ons ‘n heeldagbesoek aan Parys. U kry voldoende voorligting om u eie ding te doen of saam met die toerleier te beweeg. Wat van ’n besoek aan die kunstenaarsbuurt by die Mont Martre, ‘n besoek aan die Louvre (opsioneel), inkopies in die Champs Elysees of ‘n besoek aan die Eiffeltoring (opsioneel)?
Dag 8 – Reis vanoggend noordwaarts deur die Franse- en Belgiese platteland na Brugge, oftewel die Venesië van die Noorde met al sy kanaaltjies. Oppad soontoe doen ons aan in die mooi dorpie Gent. Slaap in die hartjie van Brugge.
Dag 9 – Heeldag besoek aan die pragtige stadjie Brugge. Ons doen ’n kanaalvaart (opsioneel) deur die stad, besoek die Grote Markt, koop Belgiese kant en sjokolade. Moet net nie vergeet om ‘n Kwak of ‘n Kriek te drink nie! Vanaand kan u by enige van die vele restaurantjies binne loopafstand van die hotel gaan eet.
Dag 10 – Ons vertrek vanoggend na Antwerpen, Noord-Europa se stad van mode en diamante. Ons kuier die oggend in hierdie mooie stad voordat ons na Eindhoven vertrek, in Nederland, waar ons oornag.
Dag 11 – Vanoggend kry u die geleentheid om Eindhoven te verken voor ons namiddag vertrek na Maastricht. Hier kan u rondstap en die ongelooflike stadjie en atmosfeer beleef. Om 21:00 begin die feestelike vertoning van die stad se geliefde inwonder, André Rieu. Hierdie is ‘n hoogtepunt van die toer wat u nie mag misloop nie! Oornag in Eindhoven.
Dag 12 – Vertrek net na ontbyt en ry na Amsterdam vir ’n vinnige besoek aan hierdie mooi stad voordat ons na die lughawe vertrek vir ons vlug terug na Suid-Afrika die aand.
Dag 13 – Land laatmiddag op JNB Internasionaal, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer!