Botswana 4X4 Toer
- Moremi, Savuti, Chobe, Okavango Delta, Victoria Watervalle en die Makgadikgadi Panne

Moremi, Savuti, Chobe, Okavango Delta, Victoria Watervalle en die Makgadikgadi Panne. Het jy al hiervan gehoor?
Ry saam met ons op ‘n onvergeetlike Botswana selfsorg, kamptoer waar ons in 2 weke die mees gesogte bestemmings besoek.
*Let asb. daarop dat aangeduide afstande geskat is en dat die roete mag verander agv verskeie faktore soos watervlakke, diere, bruë en pad toestande.
- Kostes verbonde
Totale toerprys R18 900 per persoon
Finansiering: ‘n deposito van R6 000 is betaalbaar met bespreking, uitstaande balans: 3 maande voor vertrek
NIE INGESLUIT BY U TOERPRYS:
– Jou brandstof en tolhekke.
– Grensposfooie (+/-R340 per voertuig wat nie sleep nie)
– Vic Valle ($20pp vir SADC)
– Etes en drinkgoed
– Hout (Elke voertuig dra 2 bondels by per dag – R30 per bondel)
- Ingesluit in die toerprys
- ‘n Volledige toerprogram
- ‘n Volledige paklys
- ‘n Toerplakker vir elke voertuie
- n Dag-tot-dag program met vertrektye, afstand, brandstof hervulling, grensposte, “Veterinary checkpoints”, waar ons ys, hout en voorraad kan aanvul, die tipe terrein, die geskatte rytyd en waarheen ons oppad is
- Tweerigting radios
- Konfooilys
- Alle kampfooie
- Alle Park ingangsfooie (Behalwe Victoria Watervalle)
- Begeleiding deur Alf en Ruben Middleton
- Alle 4x4 herwinning
- Bootrit op die Chobe rivier
- Vervoer na Vic Valle en terug
- Reisprogram
Druk op die dae hieronder om die volledige toerprogram te besigtig.
Ontmoeting: N1 Petroport noord van Pretoria om 04:00.
Vertrek: 05:00 | Afstand: 570km
Kamp: Khama Rhino Sanctuary.
Fasiliteite: Ablusies met spoel toilette en warm storte (as jy betyds is). Die kamp het water, braaiplekke en asblikke. Geen krag.
Teen 17:00 (16:30 in die winter) ry ons na Malema Pan waar die diere kom water drink voordat die son sak. Kameelperde, wit- en swart renosters, zebras, koedoes, rooibokke, vlakvarke en ander kleiner diere kan gesien word. Die sonsondergang hier lyk soos poskaart fotos.
Vertrek: Op jou eie tyd | Afstand: 60km
Kamp: Khama Rhino Sanctuary
Fasiliteite: Ablusies met spoel toilette en warm storte. Die kamp het water, braaiplek en asblikke. Geen krag.
Elkeen kan ontwaak en ontbyt maak op hul eie tyd. Verken die park, ontspan of gaan eet middagete by die restaurant.
Vertrek: 09:00 | Afstand: 240km
Kamp: Kubu Eiland, Makgadikgadi Panne.
Fasiliteite: “Long drop” toilette.
Die eiland is vol Kremetart bome en groot rots formasies wat asemrowende fotos maak as die son begin sak. Die Makgadikgadi panne is effe groter as Switzerland en dit is vir meeste mense ‘n belewenis om te sien. Ons het al luiperds, volstruise en gemsbokke hier gesien, maar diere en water is skaars.
Vertrek: 08:00 | Afstand: 530km
Kamp: Kaziikini
Fasiliteite: Spoel toilette, warm storte as jy betyds is, kroeg.
Die eerste deel van die pad is rof. Dik, hobbelrige sand waar ‘n paar voertuie al vasgesit het. In Maun stop ons by ‘n klein winkelsentrum waar daar ‘n Spar, Woolworths en drankwinkel is. Nadat ons brandstof opgevul het, ry ons na ons kamp. Ekstra brandstof word ook hier volgemaak.
Olifante en hyenas stap reg deur die kamp in die nag.
Vertrek: 06:00 | Afstand: 80km
Kamp: Moremi Nationale Park
Fasiliteite: Goeie ablusies
Ons ry reguit na ons kamp om die woon- en sleepwaens af te haak. Die kamp-keuse hang af van die tyd van die jaar a.g.v die Delta se watervlakke. Ons verken die park en ons roete word bepaal deur die pas van die groep en wat ons langs die pad sien. Die park het die groot 5 plus heelwat ander diere soos seekoeie, puku, letswe, koedoe, zebra en kameelperde.
Vertrek: 09:00 | Afstand: 70km
Kamp: Alf se boskamp
Fasiliteite: Geen . Ek grou ‘n gat, slaan ‘n cubicle op en sit ‘n toiletstoel binne. Dis die hoogtepunt van die toer vir meeste mense.
Ons ry deur die Khwai-rivier area waar baie diere te sien is. Ek kry gereeld die pak wildehonde hier. Ek kan met 99% sekerheid sê dat die leeus of hyenas of albei ons sal besoek deur die aand. Ek laat gladnie toe dat iemand snags sonder my ‘n draai gaan stap nie.
Vertrek: 07:00 | Afstand: 220km
Kamp: Mwandi View
Fasiliteite: Vol ablusie
Die pad deur die Savuti is waar jou huwelik, jou voertuig, jou woonwa en jou 4×4 vermoë getoets word. Ons behoort heelwat wild te sien voor, in en na die Savuti. Om 23:00 ry ons ‘n klein entjie na die moddergat waar die olifante kom rondrol en drink.
Vertrek: 09:00 | Afstand: 75km
Kamp: Thebe River Safari
Fasiliteite: Vol ablusie, Wifi by ontvangs, kroeg, restaurant.
Daar is ‘n interessante 4×4 roete al langs die Chobe rivier waar ons die konfooi help om veilig deur te kom met hulle woon-of sleepwaens.
Vertrek: Op jou eie tyd | Afstand: –
Kamp: Thebe River Safari
Fasiliteite: Vol ablusies, Wifi by ontvangs, kroeg, restaurant.
Besluit self wat jy wil doen.
Sommige mense bespreek ‘n Makorro bootrit, ander gaan stap deur die curio stalletjies en ander verkies om in die kamp te bly en net ontspan. Daar is verskeie restaurante, swembad in die kamp en in die dorp is daar motorparte en hardeware beskikbaar as iemand iets wil herstel. Om 15:00 meld ons aan vir die “Sundowner Boat Cruise” op die Chobe rivier. Nog ‘n hoogtepunt van die toer.
Vertrek: 07:00 | Afstand: –
Kamp: Thebe River Safari
Fasiliteite: Vol ablusie, Wifi by ontvangs, kroeg, restaurant.
Ons vetrek om 07:00 met ‘n “shuttle” na Victoria watervalle in Zimbabwe.
Middagete geniet ons by The Lookout Cafe waarna ons terugkeer kamp toe.
Vertrek: 07:00 | Afstand: 100km
Kamp: Thebe River Safari
Fasiliteite: Vol ablusie, Wifi by ontvangs, kroeg, restaurant.
Ons besoek die Chobe National Park vir ‘n voldag wildrit in ons eie voertuie. Elkeen sorg vir sy eie padkos en drinkgoed. ‘n Verkyker en goeie kamera sal verseker dat jy onvergeetlike tonele afneem. Ons ry vanaf die oostelike hek na die westelike hek al langs die Chobe rivier. Dis 4 van die groot 5 se tuiste en die grootste aantal Afrika olifante in die wêreld. Hier is ook leeus, luiperd, buffels en heelwat krokodille.
Vertrek: 08:00 | Afstand: 270km
Kamp: Elephant Sands
Fasiliteite: Vol ablusie, kroeg met wifi, restaurant. Die ablusies is onlangs oorgedoen en is baie netjies.
Ons vertrek en ry suid na ons volgende kamp. Elephant Sands is waarlik ‘n juweel in Botswana. Olifante kom na die watergat en staan 5-6 meter van jou af om water te drink. Ben en sy span gaan uit hulle pad om dit vir gaste gemaklik te maak.
Vertrek: Woodlands | Afstand: 270km
Kamp: Woodlands
Fasiliteite: Vol ablusie, swembad, klein winkel. Die konfooi vertrek om 10:00 na Nata Lodge. Hier is ‘n oulike curio winkel wat iets op die rakke het waarvan jonk en oud sal hou. Die groep kan hier saam brunch eet voordat ons die pad na Francistown aandurf. Ons braai en kuier saam as ‘n groep vir die laaste keer.
Vertrek: 08:00 | Afstand: 580km na Pretoria
Afhangende van die area waar elkeen woon sal almal self besluit watter grenspos hulle gaan gebruik. Die pad tussen Francistown en Martin’s Drift of Stockpoort het heelwat spoedlokvalle.




